15 Junie 2026

Romeine 6:1-11

Ons is dood vir sonde!
Ons wat gedoop is in gehoorsaamheid aan Jesus, het saam met die Here ons sondige lewe begrawe en staan nou soos Hy uit die dood op om te lewe in oorwinning.

“Julle moet dus ook vir seker weet dat julle vir die sonde dood is, en nou vir God lewe deurdat julle met Christus Jesus één is.”
‭‭ROMEINE‬ ‭6‬:‭11‬ ‭NLV‬‬

Here dankie dat ons een met U kan wees en in oorwinning leef oor sonde!
U is ons Opstanding!