14 Junie 2026

Esegiël 29:1-21

In die tyd van Israel se ballingskap het baie mense in Juda en in Jerusalem gedink Egipte sal hulle help teen Nebukadnesar.
Jeremia en Esegiël hier het hulle egter gewaarsku om nie op die magtige Egipte te vertrou nie.
Hulle sou ook onder die Babiloniërs val: dit het toe ook so gebeur.
Die Grieke het toe later Egipte herbou en daarna die Arabiere en toe die Turke.
Vandag nog is meeste mense in Kairo van Turkse afkoms.
En die welige en voorspoedige Egipte van die bybel se tyd is nou n woestyn.

Here help ons om nie op menslike uitkoms te vertrou nie maar op U aleen!
U is ons Redder!