13 Junie 2016

2 Konings 13:14-25

Op Elisa se sterfbed besoek koning Joas die ou profeet.
Elisa laat hom toe n profetiese aksie doen om oorwining oor Aram te profeteer. Joas skiet na die ooste met sy boog deur die venster met die sterwende profeet se hande op syne.
Maar toe Elisa sê slaan die pyle teen die  grond doen die koning dit sonder oorgawe net 3 keer.
Woedend sê Elisa toe vir hom hy moes dit meer doen nou sal hy net 3 keer die Arameers verslaan.
Dit het ook so gebeur.

Met Elisa se sterwe het hulle hom begrawe en toe iemand se lyk, uit nood n jaar later, in sy graf gegooi word, word die persoon lewendig toe hulle aan die profeet se bene raak.

Here mag ons in lewe en selfs in dood deur n goddelike nalatingskap U salwing dra en U vereer.
U is die Begin en die Einde.