12 Junie 2026

Romeine 5:1-21

Ons het nou vrede met Vader God!
Op grond van Jesus se vryspraak deur Sy genade, want Hy het in ons plek gesterf, word ons kinders en selfs vriende van God genoem.
Nie meer sondaars wat ons almal was omdat ons soos Adam gesondig het nie.
Nou leef die Heilige Gees in ons harte en ons ervaar Sy Liefde en vergifnis!
Ons leef dus nou nie meer onder die wet, wat ons moet wys wat reg en verkeerd is nie, en die gevolg van ons on-gehoorsaamheid: die dood nie.
Maar ons leef in genade reg met die Here en daarom het ons die ewige lewe!

Here dankie dat U die sonde en dood oorwin het sodat elkeen van ons wat in U glo skoon en in vrede voor U kan bly leef.
U is ons Lewe!