11 Junie 2026

Esegiël 28:1-26

As Esegiël profeteer teen die koning van Tirus is dit omdat die Here teen die bose koning staan.
Maar van v. 12 af word die koning van Tirus n tipe van satan en word daar eintlik n treurlied oor satan se val geskryf.
Sidon was n susterstad van Tirus wat ook vernietig was omdat hulle vir Israel soos dorings was in haar sy.

Here dankie dat U ons waarsku teen satan wat as gevolg van sy hoogmoed tot n val gekom het en mens wat U kroon van die skepping was moes dien maar gehaat het.
U is die Liefde!
Die God van Israel!