10 Junie 2026

2 Konings 13:1-13

Joagas die seun van Jehu word vir 17 jaar lank koning van Israel in Samaria.
Soos al Israel se konings was hy en sy seun Joas ook slagte konings wat afgode bly dien het en aangehou sê het vir die Israeliete dat die goue beelde van Jerobeam eintlik die Here is.
Beide hierdie konings het in konstante oorlog gebly teen die Arameers wat hulle omtrent vernietig het.
Elisa het nog geleef in die tyd.
In Joas se 16 jaar van regering het hy gesien daar is n geestelike herlewing in hulle bure se land onder Jehoas, so daar was n geleentheid tot inkeer.

Here help ons om nie in ons kultuur aan te gaan met die sondes van vorige geslagte nie!
U is ons Vader.