9 Junie 2026

Romeine 4:13-25

Abraham het geglo voor hy besny is voor die wet en daarom het hy die beloftes van die Here ontvang nie omdat hy aan die wet gehoorsaam was nie maar omdat hy in die Here geglo het.
Die belofte van Jesus se redding van sonde en dood gebeur vir my en jou op grond van ons geloof.  Die wet wys ons net hoe vêr ons Hom mis as ons sonder Hom probeer leef.

Daarom moet ek en jy soos Abraham glo dat dit wat dood is wel lewe kan bring!
Vir Abraham was dit sy en Sarah se ligame wat “dood” was vir kinders kry, maar nogtans is Isak gebore: die belofte!
Vir ons moet ons glo in die opstanding uit die graf van Jesus en dan is ons belofte: ewige lewe!

Here geloof, ons vaste vertroue in U en n lewendige verhouding met U, is wat ons by die belofte van lewe saam met U uitbring!
Dankie dat U ons Verlosser is en ons Belofte is.