7 Junie 2026

2 Konings 12:1-21

Jehoas was een van die min konings van Juda wat as goed beskou was. (Israel het geen goeie konings gehad nie).
In die 40 jaar van sy regering het hy weer die Tempel in Jerusalem herstel en Tempel-aanbidding weer her-ingestel met priesters wat vergoed word.
Hy het egter n ramp teengewerk toe hy vir die vyandige koning Gasael van Aram meeste van die skatte in Jerusalem gee eerder as wat die stad geplunder word.

Kort hierna is Jehoas in n sluipmoord doodgemaak.

Here help ons om goed te lei!
U is die Regverdige!