6 Junie 2026

Romeine 4:1-12

Abraham het tot geloof gekom, of anders gesê, n verhouding met die Lewendige God aangeknoop, voordat hy besny was.
Sy geloof het hom gered en as teken van sy redding en verhouding met die Here was hy besny.
So word almal wat in God glo Sy kinders en het dan n verbondsverhouding met Hom!
Abraham word genoem die vader van gelowiges: dit is net vir die wat ware geloof in die Here in hulle harte het.

Here ons besef dat Abraham in Jesus geglo het al het hy net uitgesien na die Messias.
Vir ons is geloof ook verhouding met die Messias en n vaste wete dat Jesus vir ons gesterf het en die dood oorwin het.
U is ons God!