5 Junie 2026

Esegiël 26:1-21

Noord van Israel in die see was daar n stad op n eiland wat n koninkryk gevorm het met kusstede: dit is vandag nie meer daar nie.
Dis onseker oor waar die eiland-stad Tirus was, want dit is totaal vernietig deur  Nebukadnesar en die eiland het onder die see verdwyn.
Die profesie het waar geword.
Tirus wat hulle verlekker het in Jerusalem se swaarkry is totaal vernietig.

Here U is die Beskermer van Israel en van die reputasie van Jerusalem.
Daarom verlekker ons, ons nie in Israel of enige ander land se swaarkry nie.
Inteendeel ons bid vir hulle vrede en voorspoed.
U is die God van Nasies.