4 Junie 2026

2 Konings 11:1-21

As die Here besluit het iemand uit Dawid se nageslag sal koning wees en satan probeer deur die bose vrou Atalia die dogter van Isebel dit stop deur al haar seun se seuns, die afstammelinge van Dawid, te vermoor.
Hou die Here Sy woord: Hy rig die jong Jehoas se tannie op om hom te steel en vir 6 jaar weg te steek sodat haar man die priester, Jojada, die jong koning op 7 kon kroon.
Jojada reel dan n staatsgreep en vat die heerskappy terug van Atalia se Baal-regering.
Sy en die baalpriesters word gedood en die Tempel word weer vir die Here herstel as Syne.
n Radikale begin vir hervorming en herlewing!

Here dankie dat U altyd Godvresende manne soos Jojada sal oprig om die regte ding te doen en U Naam weer hoog te kan hou!
U is die Koning uit die geslag van Dawid!