3 Junie 2026

Romeine 3:21-31

Nadat Paulus ons op 4 maniere verduidelik het hoe ons sonde ons nie in die hemel kan bring nie, kom ons by die goeie nuus:
Ons geloof in Jesus kan ons reg laat staan met die Here.
Vers 21-26 is in die oorspronklike grieks een sin!
Al het amal gesondig en mag dus nie in die Heilige God se Teenwoordigheid gaan nie, is Jesus se genade ook tot ons almal se beskiking sodat ons kan glo in Hom en dus gered kan word.
Ons weet wat reg en verkeerd is deur die wet maar ons verhouding of geloof maak ons nou reg met Vader.
 Here ons het niks om te spog of oor trots te wees nie, want niks wat ons gedoen het, het ons gered nie!
U genade het ons gered!
U is ons Vryspraak!