2 Junie 2026

Esegiël 25:1-17

Esegiël profeteer oordeel oor Ammon, Moab en Edom die 3 volke wat oos van Juda was en ook die Filistyne wat wes van Israel gelee was.

Hierdie volke het hulle verlekker in Jerusalem se swaarkry en se ballingskap.
Edom en die Filistyne het nie net  die Here se volk verag nie maar hulle selfs aangeval en geplunder toe net n paar oor gebly het na die 1ste wegvoering.

Here help ons om nie onsself te verlekker in n ander se swaarkry en ellende nie, maar eerder te huil saam met die wat huil.
Here laat ons veral nie iemand uitbuit as hy swak is nie en des nog te meer U kinders!
U is die Vader van die Vaderloses!