31 Mei 2026

Romeine 3:1-20

Geen mens word gered omdat hulle gebore is as Jode of as “verbondskinders” nie.
Al is jy as kind besny of gedoop bring dit nie jou verlossing mee nie!
Elke persoon, maak nie saak waar jy vandaan kom nie, moet gered word deur jou eie keuse.
Al is redding die Here se soewereine werk moet ons ons eie vrye wil uitoefen om dit te gryp.
“Daarom sal geen mens op grond van die uitvoering van die wet voor Hom geregverdig word nie, want juis deur die wet ken ons die sonde.”
‭‭Romeine‬ ‭3‬:‭20‬ ‭AFR20‬‬

Here dankie dat Paulus eers kom wys het ons kan nie onsself red nie.
Ons sien uit na v.21 en aan waar hy verlossing vir ons kom verduidelik: die Goeie Nuus!
U is ons Verlosser!