30 Mei 2026

Esegiël 24:1-27

Net omdat die Here Genadig is stuur Hy vir die profeet nog n woord om Jerusalem te waarsku.
Die woord gaan daaroor dat die stad soos n geroeste pot met vleis in gaan oorkook as Nebukadnesar teen hulle opstaan.

In dieselfde tyd sterf Esegiël se vrou en die Here sê dat hy nie op die tradisionele manier mag rou nie maar sy manier van rou sal wees hoe die Israeliete rou as hulle in ballingskap weggeneem word maar hulle geliefdes is vermoor deur die Babiloniërs.

Here dankie vir U oorvloedige waarskuwings in ons lewens!
U is Getrou.