28 Junie 2026

Romeine 2:17-29

Niemand kan enigsins deur eie krag of aksies regverdig voor die Here staan nie. Paulus praat nie net met die Jode wat hulleself gerusstel dat hulle die wet onderhou hier nie.
Geen uiterlike ritueel, nakom van die wet of selfs die feit dat jou voorouers gelowiges of Jode was, nie eers die besnydenis kon regverdiging bring nie. Slegs Jesus kon voldoende die mens se hart 'besny' en ń innerlike verandering bring wat dan die mens, deur Hom, regverdig voor God laat staan.

Here, sonder Jesus is ons niks. Ons beste pogings om regverdig te wees is totaal waardeloos. Geen wet kan ons regverdig nie.
Dankie Jesus dat U die Enigste Een is wat ons weer regverdig voor Vader kan laat staan.

U is ons Geregtigheid.