27 Mei 2026

Esegiël 23:1-49

Ohola en Oholibah is die name wat die Here vir Esegiël gee om oordeel oor Samaroen Jerusalem oor uit te spreek.
Ohola (Samaria) beteken “Haar eie tent” want in Israel het hulle hul eie “tabernakel” (aanbidding van die Here) self op gerig.
Oholibah beteken: die Here se tent of “Tabernakel “want in Jerusalem het die Here Sy Teenwoordigheid laat Tabernakel in Sy Tempel.
Nou vergelyk Hy die 2 stede met 2 susters wat hoereer het.
Die hartseer gevolge van hulle absolute immoraliteit loop daarop uit dat Samaria vernietig word deur Assirië met en na wie se afgode en rykdom sy in wellus gesmag het.
(In Konings het ons gelees hoe mense letterlik hulle eie kinders geeet het in Samaria: koning Joram het sy klere hieroor geskeur).
Jerusalem word deur  Babilonië vernietig, want sy het ook die stad se afgode en geestelike mistieke wyshede begeer instede van die Here sn.
Daarom het Babilonië hulle weggevoer en vernietig.
Maar soos die Here die twee ontroue dogters uit Wgipte gered het so sal Hy ook n oorblyfsel van Jerusalem red.

Here help ons om getrou te bly aan U te midde van n ontroue generasie vandag.
U is ons Heilige Bruidegom!