26 Mei 2026

2 Konings 8:16-29

Joram trou met Atalia, dogter van Agab en bring die invloed van Agab se afgodery weer in Israel in.
Tog het die Here Sy verbond met Dawid onthou en nie vir Juda vernietig nie.
 Ahasia het ook nie die Here gedien in sy regeringstydperk nie.

Here, dankie dat U altyd getrou is aan U verbond... nou is ons in die nuwe verbond wat Jesus kom vestig het. Hy het vir ons ń lamp en lig geword. Dankie Jesus dat U nou ons Koning oor alle konings geword het.

U is ons Lig, ons Lamp en ons Koning.