24 Mei 2026

Esegiël 22:1-31

Esegiël profeteer teen Jerusalem en noem dit die stad van bloed.
Oor die stad en die land spreek die Here hulle bloedskuld aan en kondig oordeel aan oor die boosheid wat daar aangaan.
Seksuele losbandigheid, onregmatige winsbejag, afgodery en die minag van alles wat heilig is ook die Shabbat, is die sonde van Jerusalem.

Here help ons om nie wat heilig is as gewoon te beskou en te behandel nie, maar die agting te gee aan U Heilige!
U is Waardig om geloof te word!