21 Mei 2026

Esegiël 21:1-32

Esegiël profeteer vanuit Babilonië vir die Israeliete wat nog oor is in Jerusalem maar nou rebelleer teen Nebukadnesar.
Die profeet kondig oordeel oor hulle aan en sê dit gaan nie met julle goed gaan nie.
Die Babiloniërs is oppad om Jerusalem te beleer, die koning van Juda weg te voer en meeste van die Israeliete wat nog oorgebly het dood te maak.
Jerusalem sal in puin lê daarna.
Nebukadnesar gaan ook die bure, die Ammoniete, ter selfde tyd vernietig.
Hierdie is n harde woord want almal in Jerusalem het gedink hulle rebellie is geregverdig.

Here help ons om biddend die regte ding te doen en nie wat ons dink reg is nie.
U is ons Leidsman!