20 Mei 2026

2 Konings 6:23-7:20

Die Arameers omsingel Samaria en die Israeliete ly so honger dat een vrou haar kind gaar maak en opeet en die volgende dag haar buurvrou se kind eis.

Die Koning stuur toe om vir Elisa te vermoor, maar Elisa profeteer vir hom dat die Here die volgende dag uitkoms sal gee.

Intussen is 4 melaatses buite die stad so honger dat hulle besluit het om na die Aramese kamp te gaan en te sien wat gebeur.
Daar kry hulle die kamp verlate en die Arameers op vlug.
Nadat hulle geeet en gebuit het sê hulle toe:
Dit sal verkeerd wees as ons nie ander van die goeie nuus vertel nie…
Toe Samaria hoor van die vlugtende Arameers en dit bevestig, storm die mense van die stad uit en trap die koning se amptenaar wat Elisa betwyfel het dood in die stadspoort.

Here mag ons soos hierdie 4 melaatses nie stilbly oor U verlossings nuus nie en dit gaan UITSKREEU aan die beleerde wêreld wat geestelik honger is.
U is ons Brood van Lewe!