16 Mei 2026

Markus 16:1-20

n Engel verskyn aan n groep vroue en sê dat Jesus opgestaan het!
Jesus het toe verskyn aan Maria Magdalena, die Emmaus gangers, toe aan die elf dissipels en daarna aan nog baie meer.
Jesus het hulle in die 40 dae verder vertel wat hulle moet se as hulle die evangelie uitdra na die wêreld en Hy het ook belowe dat wonders en tekens deel van ons getuienis sou wees.

Here dankie dat voor U opgevaar het hemel toe, U vir ons gesê het om te glo en gedoop moet word!
Ons doop is n teken van ons geloof en die begin van die verkondiging van die Goeie Nuus wat ons gered het!
U is die God van Wonders!