15 Mei 2026

Esegiël 19:1-14

Esegiël skryf n hartseer treurlied oor Israel.
Eers vergelyk hy die volk met n leeu wat vasgebind en Egipte toe geneem is maar die leeuwyfie het nog n jong welpie gehad wat baie sterk geword het en geheers en verslind het.
Toe word hy ook gevang en na Babilonië weg gevoer.

Daarna vergelyk Esegiël Israel met n pragtige en welige wingerd-rank.
Die was mooi en hoog, maar is neergewerp verdor en verbrand.

Die beeld van Israel as n leeu en n wynatok is vandag nog deel van hulle identiteit, maar Jesus het gekom om die Ware Leeu van Juda te wees en die Ware Wingerdstok en ons die lote.