14 Mei 2026

2 Konings 5:1-27

Naaman word wonderbaarlik genees van melaats omdat hy na sy frustrasie met Elisa tog nog luister na die profeet en homself 7 keer in die Jordaan gaan doop.
Al was sy tuis stad se riviere mooier en beter as die Jordaan, wou die Here juis vir die Arameese generaal wys dat Hy die Here is.
Naaman kom tot bekering en besluit om die God van Israel te dien op Israeliese grond wat hy op 2 muile saam neem.
Elisa weier egter om geskenke te vat by Naaman, maar later sit Gehasi die dienaar van Elisa vir die Arameer agterna en vat van sy skatte.
As hy by die huis kom kondig Elisa oor hom aan dat hy ook Naaman se melaats sal kry.

Dankie dat U mense van orals help!
Here U is ons Geneesheer!