13 Mei 2026

Markus 15:42-47

 Na  Jesus Sy laaste asem uitgeblaas het en die Romeinse soldate seker gemaak het Hy is dood deur n spies n Sy hart te druk, het Josef van Arimithea Hom begrawe.

Eers het die dapper man na Pilatus gegaan om te vra vir Jesus se ligaam.
Daarna spandeer hy en Nikodemus baie geld om linne en balsem kruie te koop om Jesus se lyk voor die Sabbat begin in Sy wie duur graf te kry.
Net baie ryk mense was begrawe in “grot grafte met n steen wat voor die ingang in gerol word.
Vroue het gewoonlik die voorbereiding van dooies gedoen, maar Maria Magdalena en Maria, Jesus se ma, het net gekyk wat die 2 mans doen.
Hulle het gedink hulle sou dit na dieSabbat op die 1ste dag dit kom oor doen.

Here U was in die Graf sodat elkeen van ons wat ook nog daarin moet gaan dit kan oorwin soos U!
U is Lewe!