10 Mei 2026

Markus 15:21-41

Simon van Sirene, n plek in Afrika, is geneem om die kruis van Jesus te dra.
Jesus word toe op die “Kopbeenplek” net buite Jerusalem gekruisig.
Almal, selfs die wat saam met Hom gekruisig was, spot Hom aan die kruis.
Jesus het geweier om pyn verdowende drank te neem terwyl Hy vir my en jou sonde gesterf het.
Toe Hy Sy laaste asem uitblaas het selfs n wêreldse soldaat, die Centurion, erken dat dit werklik die Seun van God was.
Jesus sterf!

By die kruis, in die donker, was Sy  Moeder en vroue wat Hom gevolg het.

Here die Voorhangsel het geskeur van Bo na onder!
Omdat U gesterf het as ewige Offer mag ons nou soos hoëpriesters van ouds in U Teenwoordigheid in gaan!
U is waarlik die Seun van God!