9 Mei 2026

Esegiël 17:1-24

Esegiël profeteer in die vorm van n gelykenis oor koning Sedekia van Juda.
Na die 1ste inval van Jerusalem deur Nebukadnesar is Sedekia met n ooreenkoms agtergelaat deur die Babeloniese koning, dat hy mag koning wees in Juda maar onderdanig moet wees aan Babilon.
Sedekia het egter gerebelleer en vir Farao van Egipte om hulp gevra.
Nou profeteer Esegiël dat Egipte nie sal help nie en dat Nebukadnesar vir Sedekia sal weg voer na Babilonië en dat hy, die hoogmoedige koning van Juda, daar sal sterf.
Die profesie praat ook dan van die herstel van Jerusalem na ballingskap.

Here hierdie woorde het netso waar geword.
Mag ons nederig voor U bly!
U is die Planter van elke “boom”,elke volk stam en nasie!