7 Mei 2026

Markus 15:1-20

Om alles volgens die Romeins owerhede se wette reg te doen het die Joodse leiers Jesus, geboei, na Pilatus die Romeinse goeweneur in Jerusalem gebring sodat hulle Hom kon kruisig.
Pilatus vind egter geen skuld by Jesus nie.
Toe Pilatus Jesus wou vrylaat het die skare onder leiding van die Fariseers eerder gevra dat die krimineel Barrabas vrygelaat word.
Daarna het hulle aanhoudend geskreeu:”Kruisig Hom! kruisig Hom!”
Geintimideerd het Pilatus toe ingegee en Jesus laat gesel in voorbereiding vir Sy kruisiging.

Here U was bewus van elke persoon wat U gegesel, gespieg en gespot het! U het hulle elkeen immers geskep! U het elkeen ten volle geken… dalk beter as hulself.
U is die Genadige Offer!