6 Mei 2026

Esegiël 16:1-63

Esegiël profeteer oor Israel met n beeld:
Die Here wys hom dat Israel soos n verwerpte weeskind in die veld gelos is om te sterf maar die Here haar gered, gewas en versorg het.
Hy het haar “grootgemaak” en op die regte tyd ook haar toekoms te red deur haar man te word.
Die Here het deur met Israel te “trou” vir haar voorsien, soveel so dat sy in oormaat versier en versorg was (dink aan die Tempel in Jerusalem)!
Maar Sy het soos n prostituut met ander mans begin optree: Afgodery!
Sy het selfs haar eie kinders geoffer. (Die Here het n besonderse haat teen mense offers gehad wat met afgodery van die midde oosterse kulture in Israel ook in gesluip het).
Verder beskryf Esegiël in die profesie ook hoe Israel met hulle buurvolke “gehoereer” het.
Sy het eerder Egipte, Assirië, die Galdeers (Babilonië) en ander  kulture gevolg as haar “Man” die Here se gebruike (Sy wet).

Die Here kondig oordeel aan: die “ander mans”, buurvolke, sal haar plunder, by haar alles weg vat en haar verneder (ballingskap)!
Maar die Here sal haar weer genadig wees!
““ ‘ “ Maar Ek self onthou steeds my verbond met jou in jou jong dae, en Ek sal 'n ewige verbond met jou oprig.”
Esegiël 16:60 AFR20

Here dankie dat ons nou as Kerk, U Bruid is!
U is ons Bruidegom Jesus!
Ons Verbonds-God!