5 Mei 2026

2 Konings 3:1-27

Joram die seun van Agab het Israel regeer toe die Moabiete rebeleer en Israel vir Juda se koning, Jehosafat, vra om te help.
Saam met die Edomietiese leer is hulle deur die woestyn van die hedendaagse Jordaniƫ.
Hulle het egter sonder water vir mens en dier in lewensgevaar gesit in die woestyn.
Elisa wou nie met Joram praat nie omdat hy soos sy ouers ook in afgode geglo het.
Hy het egter baie respek vir koning Jehosafat van Juda gehad wat die Here gedien het.
Daarom profeteer hy voorsiening en oorwinning.
In die Edomietiese woestyn kom daar toe n vloed met genoeg water dat die 3 weermagte kon floreer en die Moabiete geflous kon word om te dink die water in die rooi sandgebied is bloed en dat die 3 weermagte teen mekaar gedraai het.  
Hulle is egter toe veras toe hulle sien al was die soldate in die woestyn het hulle niks makeer nie, inteendeel het hulle n vlugtende Moabietiese weermag verower.
Die Koning van Moab het net bly oorlewf deur sy seun aan die brand te steek en so sy aanvallers heeltemal te onstel.

Here mag ons in U voorsiening oorwin.
U is die Lewende Water.