4 Mei 2026

Markus 14:53-72

Jesus word na Kaiafas se huis geneem en ondervra.
Hulle bring toe getuienis teen die Here in, maar baie was vals en meestal kotrasterend.
Toe vra die Hoëpriester self vir Jesus vrae.
Aanvanklik antwoord Hy dit nie maar toe Hy verklaar Hy is die “Ek Is” (die Heilige Naam van die Here) en Jesus se Woorde dat Hy sal sit aan die regterhand van die Vader en weer sal kom op die wolke, toe skeur die hoëpriester sy klere.
Hy mag dit nie geskeur het nie en so kom n einde van n era.
Van toe af verder sou Jesus ons Hoëpriester word tot vandag toe.

Daarna verloën Petrus vir Jesus soos die Here self geprofeteer het gaan gebeur.

Jesus ons wil by U bly!
U is die groot EK IS!