3 Mei 2026

Esegiël 15:1-8

Regdeur die skrif word na Israel as die “wingerdstok” vewys wat moet vrugte dra want die Here het dit verplant vanaf Egipte na Israel sodat Hy dit kon versorg soos n boer.
In die Nuwe Testament is Israel as volk nie meer die Wingerdstok nie, maar Jesus noem Homself nou die wingerdstok:
“Ek is die druiwestok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug, want sonder My kan julle niks doen nie.”
‭‭Johannes‬ ‭15‬:‭5‬ ‭AFR20‬‬

Om “in” Hom te wees is beter as om in die regte volk gebore te word!
Dit was immers die Israeliete wat hulself as wingerdstok onbruikbaar gemaak het deur sonde en die oordeel van vuur en as op die lyf geloop het.

Here maak ons as lote vrugbaar in U!
U is die ware Wingerdstok!
Ons wil in U bly!