2 Mei 2026

2 Konings 2:15-25

50 Jongmanne en profete van die Here erken Elisa as die opvolger van Elia en wil vir Elia gaan soek.
Hulle soeke na die ou profeet het ook gedien om die nuus oor Israel te versprei van sy opvaar na die hemel en Elisa wat nou sy mantel as profeet opgeneem het.
Daarna het Elisa n geestelike oorwinning in Jerigo soos Joshua van ouds, want netsoos Joshua vir Moses opgevolg het, het hy Elia opgevolg.
Water word herstel in n plek wat eens vervloek was.
Later was daar n Profeet wat ons ook n ewige fontein van water beloof (Joh. 7:37-38)

Elisa is toe na Betel, die plek van geestelike oop hemele van Jakob se dae af waar Israel van  Jerobeam se koningskap af Baal aanbid het.
Daar het n groep jong baal dienaars (ne'arim qetannim (וּנְעָרִ֤ים קְטַנִּים֙)- nie seuntjies nie maar jong onbelangrike dienaars of priester leerlinge vir Elisa probeer verjaag en hom oor sy “oopkop” sy vermoë om met die Here vrylik te gesels, gespot.
Hulle het gevra dat hy ook soos Elia eerder moet opvaar hemel toe en nie hulle demoniese konneksies kom versteur in die bose plek Betel nie.
Netsoos Joshua met die vorige Baal-aanbidders gemaak het en perdebye hulle laat verdryf het
 (Josh. 24:12), laat Elisa bere die 42 “jong” baal profete verskeur.
n Nuwe skoonmaak vir n nuwe tyd van belofte op genade het vir Israel begin, nadat hulle Moses, Elia, ook op is hemel toe.

Elisa besoek daarna Karmel, want daar is die Baal profete n paar jaar vantevore oorwin en ook Samaria, want dit is waarvandaan Israel regeer word.

Here help dat ons nie die Bybel verkeerd verstaan nie maar in konteks bly lees.
U is ons ware Profeet wat ons kom bevry!
Die Een wat Elia en Moses kom vervul!