30 April 2026

Esegiël 14:1-23

Esegiël profeteer teen die afgodery in Israel.
Die Here wys vir die profeet dat mense wat afgode het met voor opgestelde idees die Here raadpleeg en dan mislei word om te dink dit is wat die Here sê, maar dan is dit hulle eie wense.
Die Here kondig Sy oordeel oor Jerusalem aan en sê dat nie eers Job, Noag en Daniël die boosheid in mense se harte van Jerusalem sal kan verander as hulle tussen hulle gewoon het nie.

Here dankie dat U ten spyte van U oordeel steeds n oorblyfsel regverdiges bewaar het om U volk te laat voort bestaan.
U is die Begin en die Einde!