29 April 2026

2 Konings 2:1-14

Elia word opgeneem in die hemel deur n vuur-perdewa.
Elisa wat by hom was vra vir n dubbel porsie van Elia se salwing.
(Elisa sou presies dubbel die wonderwerke doen wat Elia gedoen het.)

Daar was op n afstand 50 jong profete wat dit alles aanskou het en daarvan kon getuig.
Ook van Elisa wat Elia se mantel gekry het en net soos sy meester die Jordaanrivier daarmee geslaan het en die waters laat oopgaan het.

Here dankie vir seisoene van bediening en mentors wat mantels oorgee aan die wat saam met hulle stap.
U is Gesalfde wat salf!