28 April 2026

Markus 14:12-25

Die dissipels het die plek gaan gereed maak vir die Paas-ete.
Iemand het toe vir hulle n bo-vertrek beskikbaar gestel wat toe later die plek sou word waar die 1ste kerk sou begin.
Volgens oorlewering was dit Markus se moeder se huis.
Daar het Jesus die nagmaal in gestel en aangekondig dat iemand Hom sou veraai, want Hy het reeds geweet van Judas Iskariot se onderhandelinge met die Skrifgeleerdes.

Here plekke is nie belangrik nie maar tog is n geskikte lokaal wat U uitkies vir n besonderse geleentheid altyd spesiaal.
Dankie vir kerk geboue en persele oor die eeue heen wat U Naam uit gedra het.
U is die Brood en die Wyn, want U is die PaasLam!