27 April 2026

Esegiël 13:1-23

Die Here wil Sy volk red van vals profete wat sê dat alles reg gaan wees terwyl hulle eintlik onder veroordeling staan.
Hulle profeteer en wil alles toeplak wat verkeerd is met godsdiens en maak asof dit goed is soos iemand wat n muur pleister en kalk (verf) wat nie oordentlik gebou is nie.
As storms kom verkrummel dit en so ook die mense wat net vir goeie tye profeteer.

Here gee ons geestelike leiers wat die waarheid praat en nie net goed voel boodskappe preek   nie.
U is die Waarheid!