26 April 2026

2 Konings 1:1-18

Ahasia die seun van Agab en Isebel word koning oor Samaria.
Hy word egter beseer en wou van n afgod weet of hy sou herstel.
Elia onderskep egter sy afgevaardiges en sê aan hulle die koning sal nie herstel nie.
Uit woede stuur Ahasia toe 50 man om Elia te vang.
Twee keer agter mekaar verteer vuur egter die leier en sy groep van 50 omdat hulle nie respek vir die Here se profeet het nie.
Toe die 3de aanvoerder van 50 Elia met die vrees van die Here benader het die profeet saam gegaan en toe gesien hoe die Here se woord deur hom tot vervulling kom: Koning Ahasia sterf.

Here mag ons respek vir U en U profete hê!
U is die Een wat antwoord met vuur.