25 April 2026

Markus 14:1-11

n Vrou salf Jesus se voete as n profetiese aksie met duur nardus olie.
Hy sê dis n voorbereiding vir Sy dood.
Judas Iskariot is verontwaardig want die geld kon gebruik geword het vir iets anders.
Hy het immers die beursie van die groep gedra en geld daaruit geneem.
In sy onsteldheid besluit hy om Jesus te veraai en hy gaan sien die geestelike leiers van Israel.

Here help ons om nie verkeerde gesindhede te hê nie maar die te eer wat eer toekom.
U is die Gesalfde!