24 April 2026

Esegiël 12:1-28

Esegiël word deur die Here gesê om n profetiese aksie dramaties uit te beeld vir die mense in Jerusalem.
Alhoewel hy in Babilonië bly sou die boodskap wat die profeet in ballingskap uitbeeld vir die mense van Juda deur hulle families en vriende aan hulle oorgedra word.
Verder sê die Here deur  Esegiël dat die profesie sal waar word anders as dit waaraan die Israeliete gewoond is.

“Daarom, sê vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here: “Nie een van my woorde sal meer uitgestel word nie. Wat ek aankondig, sal gebeur.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.’ ””
‭‭Esegiël‬ ‭12‬:‭28‬ ‭AFR20‬‬

Here help ons om U Woord uit te leef.
U is die Waarmaker van U Woord!