22 April 2026

Markus 13:15-37

Jesus beskryf die groot verdrukking aan die einde van die tyd.
Dit gaan angswekkend wees maar die Here gaan ons kom haal.
Daarom moet ons verwagtend uitsien na Sy koms al weet ons nie waneer dit spesifiek is nie.

““Tog ken niemand die presiese datum en tyd wanneer hierdie dinge sal gebeur nie – ook nie die engele in die hemel of selfs die Seun nie. Dit weet net die Vader.”
MARKUS 13:32 NLV

Here ons sien uit na U koms!
Kom Here Jesus!
Kom gou!
U is die Oorwinaar!