21 April 2026

Esegiël 11:1-25

Esegiël word weer deur die Gees na Jerusalem geneem en die leiers van die stad gewys.
Die Here praat toe oor die verkeerde en negatiewe advies wat die manne mee lei.
Hulle waarsku dat hulle die vleis is en Jerusalem die pot waarin hulle kook.
Maar Esegiël sê toe vir hulle dat die ongehoorsames in die stad nie daarbinne sal sterf nie maar wel in ballingskap.
Terwyl hy nog profeteer sien hy in sy geestesoog hoe een van die leiers sterf.
Hy vra toe die Here hartseer daaroor uit.
Die Here sê toe egter dat die oorblyfsel van die volk die is wat in ballingskap in Babilonië leef.
Die Here beloof toe verder dat die oorblyfsel van Israel na hulle land sal terug keer en dan sonder afgodery voor die Here sal leef.

Here dankie dat U die hart van klip binne ons verwyder en vir ons n hart van vlees gee!
U is die God van Israel!