18 April 2026

Esegiël 10:1-22

Esegiël is nogsteeds besig met die visioen wat hy begin sien het in sy huis in Babilonië toe leiers van Israel daar was. (Hoofstuk 8)
Nou sien hy hoe die man wat linneklere aan het en vantevore die volk moes merk, nou kole by n engel kry en dit oor Israel moet uitgooi.
Maar instede van die 5 “manne” wat vantevore in sy visioen beskryf was is daar nou 4 engele wat lyk soos die 4 wesens wat Esegiël in die begin van sy boek beskryf.
Hy sien ook om hulle wiele in wiele waarmee hulle rondbeweeg.

Here as mense U Troonkamer gesien het deur drome en visioene was daar altyd iets beskryf wat ons nie verstaan nie, want U Teenwoordigheid is bo wat ons kan begryp!
U is Almagtig!