16 April 2026

Markus 12:35-44

Jesus verduidelik aan die skare mense in die Tempel terein dat Hy ook die Here is van Sy voorvader Dawid.

Verder waarsku Hy die mense in hulle plek van aanbidding teen hulle geestelike leiers wat op daardie stadium hoogmoedig was en mense uitgebuit het.
In kontras daarmee bemoedig Hy die weduwee wat haar alles vir die Here kom gee het.
Al was dit net 2 klein munstukke het dit geweldig baie vir Hom beteken want sy het haar afhanklikheid gewys deur in oorgawe vir die Here te gee en op Hom te vertrou vir versorging.

Here mag ons U ten volle vertrou vir wat ons nodig het soos hierdie weduwee.
Help ons om nie op ons eie inkomste te vertrou nie maar op U!
U is ons Versorger!