15 April 2026

Esegiël 9:1-11

Esegiël sien verder in sy visioen in sy huis die skokkende en hartseer openbaring van die Here af.
Hy sien 6 mans maar een van hulle is in linne geklee met n skrywer sak.
Die Here sê toe vir die man om elkeen in Jerusalem te merk wat berou het en kla oor die afskuwelike dade van afgodery wat al die mense doen.
Agterna moes die ander 5 mans loop en almal dan doodmaak wat nie die merk het nie, maw wat gewoond en tevrede is met Jerusalem se sonde want hulle pleeg dit self.
Esegiël sien toe in sy visioen dat almal doodgemaak word en niemand in Jerusalem die merk van berou het wat hulle laat lewe nie.

Here dankie dat U selfs vir n bose Jerusalem laat waarsku het deur die profeet, mag ons ook in berou leef oor die sonde om ons.
U is Heilig!