14 April 2026

1 Konings 20:1-43

Agab veg teen die koning van Aram, Ben-Hadad.
Bo alle verwagting wen Israel twee keer, met n baie kleiner weermag teen die sterker Arameers.
Dit was met die Here se hulp.
Agab laat egter teen die Here se wil vir Ben-Hadad vry nadat hy hom oorwin het en die profeet kondig oor die koning aan dat dit sy lewe gaan kos.

Here help ons om ons oorwinnings deur te voer tot die einde toe en nie deur sosiale druk op te hou veg teen die vyand nie!
Help ons teen sonde bly veg!
U is die Oorwinaar!