12 April 2026

Esegiël 8:1-18

Esegiël was in Babilonië, in sy huis saam met leiers van Israel wat in ballingskap was.
Maar die Here voer hom geestelik weg, terug na Jerusalem.
Hier wys die Here die jong profeet die afkuwelike afgodery wat IN die Tempel en in Jerusalem aangaan.
Afgode, Tammus (vir wie kinders ge-offer word) en die aanbidding van die son is dit wat Esegiël nou self sien gebeur onder die wat agter gebly het en nie na Babelonië toe weggevoer is nie.
Hy kan dus verstaan as die Here straf oor hulle in gedagte het.

Here help ons om U te vrees!
Ons het vir U respek en eer want ons het U lief!
U is God Almagtig!