29 Des 2025

Johannes 19:17-27

Pilatus benoem Jesus as die 'Koning van die Jode' deur ń kennisgewing wat hy bokant Jesus se kop gehang het terwyl Hy aan die kruis gehang het.

ń Profetiese vervulling van Ps 22:19 kom in vervulling toe die soldate lootjies trek oor Jesus se bokleed.

Terselfdertyd wys Jesus vir Johannes aan as die dissipel wat na Sy moeder, Maria, moet omsien na Sy dood.

Vader, in elke gebeurtenis met die Kruisdood, het U in detail U plan vir ons Verlossing in vervulling gebring. Dankie dat ons vandag nog op U kan vertrou om U Woord oor ons in vervulling te bring, om detail tot in die fynste te laat gebeur en dat ons weet Jesus het ons nie alleen gelos nie. Soos vir Maria, het ons vandag steeds ń Heilige Gees Leidsman om ons by te staan.

U is ons Opperheer.

Archive

 2025