24 Des 2025

Job 31:1-13

Tydens trauma en rou in ons lewe deursoek ons ook ons harte soos Job.

Job 31:6
'...laat God my dan weeg op 'n onvervalste skaal, sodat Hy van my onberispelike optrede kan kennis neem.'

Dawid het ook gesê in Ps 139:23 & 24. 'Deursoek my hart en ken my weë. Kyk of daar nie valsheid in my is nie'

Here, wanneer ons deur trauma gaan, mag die lig van U Woord skyn op areas waar ons kan regmaak met U en ander. Bring ons weer in ń verhouding met U waar ons U stem kan hoor en U genesing ervaar.

U is ons Geregtigheid.