1 Jan 2026

Baie Voorspoedige Nuwejaar!

Johannes 19:28-30

Jesus roep uit 'Ek het dors' om nog ń profetiese Psalm in vervulling te bring ( Ps 69:22).
Met dit het Hy die finale detail van die volle vloek betaal wat vir die mensdom bedoel was. Toe roep Hy uit: Dit is volbring! Τετελεσται!
En Hy het Sy Gees oorgegee.

Jesus, dankie vir U gehoorsaamheid, van Almagtige Heer wat U koninklikheid neergelê het, mens geword het, sonde oorwin het, tot aan die kruis, totdat elke detail van ons verlossing volbring is. Mag ons in 2026 saam met U beleef hoe U doel in ons lewe ook volbring word.

U is ons Verlossing

Archive

 2025